Villa Chante

Nostalgie Pakket

Seemeeu neem my saam, na Danabaai se bewaararea…

Mosselbaai is opgeteken in die Guiness Rekord boek as die tweede plek in die wêreld met die matigste klimaat, perfek vir n wegbreek by die see. Herleef jou kinder dae en kom span uit by die see met ons “Happy Hour” pakket en maak dit sommer n “Happy” Naweek!

Soek jy na ‘n rustige plekkie, weg van die gedruis van die dorp, maar steeds naby genoeg aan al die fasiliteite? Pak ‘n tas, bring 2 vriende en kom geniet ‘n heerlike kuier in ‘n rustige en veilige bewaararea en word een met natuur.

Hierdie aanbod is terug weens gewildheid en is geldig vir besprekings tot 10 Desember 2018. 

Speel vinnig en bevestig jou plekkie voor 28 Oktober 2018.

Laat jouself van vooraf onthou wat die waarde van samesyn beteken, skop uit jou skoene, klink n glasie wyn, kuier op die ou boere manier en sien hoe jou sorge verdwyn!
“Kom gee jou oor aan die nostalgie” – Laurika Rauch

Kontak ons:

Sel: 060 672 6136 E-pos: info@villachante.com

Die Pakket sluit in:

  • Gerieflike selfsorg akkommodasie by Villa Chante.
  • Gratis pendeldiens (“Shuttle Service”) om u na ‘n seleksie restaurante te neem vir aandete en u veilig terug te besorg. Geniet ‘n drankie en ontspan wetend julle is in goeie hande!

Akkommodasie sluit in:

  • 2 Slaapkamers met 2 badkamers
  • Ruim oop-plan sitkamer, eetkamer en lieflike binnebraai
  • Vol toegeruste kombuis en toesluit motorhuis met direkte ingang na woning
  • DSTV met KykNet en alle SuperSport kanale
  • Gratis Wi-Fi
  • GEEN trappe