Die opbou tot die Somergees!
Met die Desember vakansie om die draai, bou die opwinding op soos ons begin gereed maak vir die jaarlikse “mal-maand” waar ons duisende besoekers terug verwelkom na ons prag dorp met sy beeldskoon strande en vriendelike Afrikaanse kultuur. Ons vriendelike dorpsmense staan gereed om vakansiegangers te betower met ons gasvryheids-gesindheid waar ons graag ons stukkie paradys met besoekers deel.
Hierdie jaar gaan beslis een vir die boeke wees met ‘n opwindende seleksie konserte deur ons land se top Afrikaanse Kunstenaars wat beloof om besoekers op hul voete te hou soos ons die somer afskop!
Ons skop die Feesgety af met die gewilde Mossjazz fees wat weer op De Bakke en Santos strande sal plaasvind vanaf 28 November tot 2 Desember 2019. Besoekers van reg oor die land stroom na Mosselbaai om hierdie bekende fees van goeie musiek by te woon, so speel vinnig en bespreek sommer jou kaartjie ook nou!
Na die afsluiting van die MossJazz Fees, beweeg ons dadelik na die Studentejol wat plaasvind vanaf 02 – 05 Desember, te Hartenbos ATKV Oorde vir al die Matrikulante massas wat ons dorp besoek om uit te rus na die lang eksamen periode. Vind meer uit oor hierdie “Ruk Op, Rus Uit en Rock On” geleentheid!
Die gewilde Afrikaans is Groot produksie sluit hierdie jaar by die ander aan met die tema “somerfees” wat plaasvind op 28 Desember 2019, te Van Riebeeck Stadion in Mosselbaai! Kom deel in die Afrikaanse pret deur jou kaartjies vroegtydig te bespreek!
Hartenbos In Afrikaans keer terug met nog ‘n opwindende produksie op 27 & 28 Desember 2019 te ATKV Amfiteater in Hartenbos, waar Dans in Afrikaans ook aansluit as deel van die vermaak kalender op 21 Desember 2019 te ATKV Amifiteater in Hartenbos.
Bespreek jou kaartjies NOU:
Soos Emo Adams sal se, “Waar is die lekker”? In Mosselbaai is dit lekker!! Ons sien uit daarna om jul te verwelkom by Villa Chante vir ‘n welverdiende somer vakansie!
Volg gerus ons Facebookblad vir meer besonderhede oor doen-dinge, akkommodasie aanbiedinge en sommer lekker Mosselbaai leesstof.
BESPREKINGS:
Tel: +27(0) 44 698 2160 / Sel: +27(0) 60 672 6136
info@villachante.com